This is a PDF file. If your browser does not open the file you need to download the PDF file and view it on your PC.

Right Click on the image
and depending on your browser,and Save Link As
or Save Target as. When prompted save the file on your PC and view.

 

ALL ENQUIRIES
Ansie Swart
Tel : 079 397 4655
 Email : swartam@telkomsa.net
 

 

Wedywering vir eerste plek was heftig in die marathon van die Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC), wat Saterdag in George plaasgevind het. Kop aan kop is (links) Andries Scheepers en Ernst van Dyk, beide van Suid Afrika. Van Dyk het gewen in ‘n tyd van 1:09:33 met Scheepers ‘n breukdeel van ‘n sekonde in die tweede plek met dieselfe amptelike tyd. George, Wes Kaap – ‘n Verwoede stryd om eerste plek, waagmoedige pogings om rekord tye te breek, vurige verdediging van hard verdiende titels en ‘n vasberadenheid om persoonlike beste tye te verbeter . . . al hierdie eienskappe en ‘n stewige dosis determinasie was die kenmerk van die top atlete in die 11de OCC rolstoel wedren wat Saterdag 16 Februarie in George plaasgevind het.
Die mans ope handfiets paraplegiese afdeling is naelskrap gewen deur Ernst van Dyk (Maties Helderberg Klub) in ‘n tyd van 1:09:33. Tweede was Andries Scheepers (Rustenburg Multi Club) met dieselfde amptelike tyd maar slegs ‘n halwe wiel lengte agter die wenner. Die derde plek is ingeneem deur Stuart McCreadie (Maties Helderberg Klub) wat een sekonde agter die leiers oor die eindstreep is.
Dit was Van Dyk, gebaseer in die Paarl, se 11de deelname aan die OCC en sy 2de opeenvolgende oorwinnning in die handfiets afdeling. Sy gemiddelde spoed was 36.4 kilometer per uur.
Na die wedren het Van Dyk die organiseerders en sy mede deelnemers geloof.


‘Ek het met ‘n haarbreedte gewen. Dit is ‘n groot eer, maar ek kan sien ek sal nog harder moet oefen om voor die strawwe kompetisie te kan bly! Weereens is die wedren baie goed georganiseer en ek is dankbaar teenoor die George Munisipaliteit se verkeersafdeling vir ons veiligheid. Ek wil ten sterkste alle rolstoel gebonde mense aanmoDuime na bo! TV persoonlikheid Heino Schmitt (wat die rol van Altus in 7de Laan vertolk) het toeskouers skreeuend gehad vir sy handtekening terwyl hy 3-jarige Jarobeam Meyer van Optima Spesiale Dagsorg Sentrum in die 5km pret wedren gestoot het as deel van die Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC) wat Saterdag in George plaasgevind het.edig om volgende jaar vir hierdie wonderlike, kameradie gevulde wedren in te skryf.’
Met ‘n wentyd van 01:58:39 het Hilary Lewis van Suid Afrika weereens die vroue handfiets paraplegiese afdeling gewen en haar tyd van 2012 met byna 3 minute verbeter.
Die mans resies rolstoel paraplegiese marathon is gewen deur Gerrit Hendricks in ‘n tyd van 01:58:39, gevolg deur Elford Moyo en Eugene Klassen.
Terwyl daar sterk kompetisie tussen die ernstige atlete geheers het, het die grootste gedeelte van die deelnemers net ingeskryf om pret te hê.
En hope pret het hul gehad. Selfs die weer in George het saamgespeel en die warm dag met helder blou lug was perfek vir die OCC rolstoel deelnemers, elkeen ‘n held in eie reg omdat hul by die beginpunt gekom het.
Aangebied deur die hoofborg ACSA George Lughawe, het die 11de Outeniqua Wheelchair Challenge meer as 950 deelnemers gelok wat op die normaalweg stil Suid Kaapse dorp, George, toegesak het. Deelnemers van ses lande het deelgeneem aan die 2013 rolstoel wedren.
Prysgeld van R244 000 was op die spel in 44 kategorieë oor drie afstande – ‘n 42.2km marathon (R10 000 eerste prys), 21.1km half marathon en ‘n 10km afstand wat meesal bestaan uit basketbal- en gewone rolstoele.
Die OCC is Suid Afrika se enigste Internasionale rolstoel sport gebeurtenis vir persone met fisiese gestremdhede en is erken as ‘n amptelike kampioenskap wedren deur die “SA Sports Association for the Physically Disabled (SASAPD)”.
Die 5km pret wedren, waar oud en jonk in ‘n rolstoel gestoot is deur ‘n helper, het deelnemers van alle ouderdomme en van alle uithoeke van die land gelok. Die jongste deelnemer was die 18 maande oue Indiphile Mente van Plettenbergbaai. Die oudste manlike en vroulike deelnemers was 93-jarige Athol Brown en 81-jarige Anna Howarth, albei van Fleur de Lis ouetehuis in Franschhoek.
TV persoonlikheid Heino Schmitt, wat die rol van Altus in 7de Laan vertolk, is deur skreeuende toeskouers versoek vir handtekeninge terwyl hy vir 3-jarige En weg is hulle! Atlete spring weg vir die begin van die 42.2km marathon in die Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC) op Saterdag in George. Suid Afrika se Ernst van Dyk was die wenner in die mans handfiets afdeling in ‘n tyd van 01:09:33, met Andries Scheepers tweede met dieselfde tyd en Stuart McCreadie slegs ‘n sekonde agter hom.Jarobeam Meyer van Optima Spesiale Dagsorg in George in die 5km pret wedren gestoot het.
Meer as 900 vrywilligers wat dien as organiseerders, beamptes en rolstoel assistente sit handjie by om te verseker dat die wedren sonder enige voorvalle plaasvind.
Wedren ko-ordineerder Ansie Swart is verheug oor die sukses van die dag. “Daar was geen ongevalle nie, die weer was perfek en ek is verlig dat alles seepglad verloop het. Ek salueer die deelnemers wat baie moeite doen om te oefen en al die pad na George gereis het om deel te neem. Ek hoop dat almal vir OCC 2014 terug sal keer om ons pragtige dorp se gasvryheid te geniet. ‘n Hartlike dank aan al ons borge, veral die hoofborg ACSA George Lughawe, alle vrywilligers en vriende van die OCC, die raadslede van George Munisipaliteit, beamptes en ‘n spesiale dankie aan al die komiteelede en hul metgeselle wat baie hard gewerk het om ‘n reuse sukses van die dag te maak. Ek wil vir Esther Watson, wat vir baie jare ‘n sleutelrol in die OCC gespeel het, bedank dat sy haar kennis met my gedeel het en ten spyte van gesondheidsprobleme die wedren bygewoon het om die atlete af te sit”.

Uitgereik namens die OCC deur Sharon Fay Public Relations

Navrae:
Sharon Fay, Sharon Fay PR: tel 082 823-0539
Ansie Swart, OCC wedren ko-ordineerder, tel: 079 397-4655.