ALL |0-9 |A |B |C |D |E |F |G |H |I |J |K |L |M |N |O |P |Q |R |S |T |U |V |W |X |Y |Z

All news items Media Media Release

Rolstoel Resies is 'n wenner PDF Print E-mail

Rating 3.0/5 (1 vote)

Media vrystelling: Rolstoel wedren is ‘n wenner    English

Die Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC) aangebied deur Vodacom in George op Saterdag (20 Februarie) het gespog met meer as 650 persone met gestremdhede van regoor Suid Afrika asook ‘n aantal buitelandse lande soos Kanada, Frankryk en die Verenigde Koningkryke.



8991: Denis Lemeunier van Frankryk was die wenner in die resies rolstoel T53/54 afdeling vir die tweede agtereenvolgende keer. [Fotograaf: Desmond Scholtz]


Denis Lemeunier van Frankryk was die wenner in die resies rolstoel T53/54 afdeling vir die tweede agtereenvolgende keer met ‘n tyd van 1:32:39. Suid Afrikaanse Paralimpiese goue medalje wenner, Ernst van Dyk was tweede met ‘n tyd van 1:41:18 en derde was Eugene Klaasen van Wes Kaap met ‘n tyd van 2:37:13.

‘Dit was moeilik vir my - ek het ‘n moeilike wedren gehad,’ het Lemeunier gesę. ‘Dit was baie warm en in Frankryk reen dit en is dit nog koud, maar ek is bly om te gewen het en om die wenners’ titel te kon behou.’

Die handfiets afdeling was gewen deur Rico Mornau van Kanada met ‘n tyd van 1:12:58, met  Stuart McCreadie van Suid Afrika in tweede plek (1:14:22) en Kenny Herriot van Skotland in derde plek (1:24:320).


8952: Nikki Emerson van Engeland het die vroue afdeling van die maraton gewen (T53/54). [Fotograaf: Desmond Scholtz]

Nikki Emerson van Engeland het die vroue afdeling van die T53/54 maraton gewen met ‘n tyd van 2:35:22.

Die oudste persoon wat deelgeneem het aan die 5km pręt loop was Bernice Vorster (89 jaar) van Fleur de Lis Ouetehuis in Franschoek en die jongste was klein Jayden Van Vuuren (1 jaar en 9 maande) van Pacaltsdorp in George wat beide deur entoesiastiese familielede gestoot is oor die afstand.

Die toeskouers het waardering getoon vir die televisieaanbieders Paul Rothman en Dieter Voigt, asook aktrise Melanie du Bois (wat die rol van Felicity in die TV reeks, Sewende Laan, speel) en Jeff Tsoutsos, ‘n finalis in die 2010 Mnr Suid Afrika. Die vier het elk ‘n kind in ‘n rolstoel in die pręt loop gestoot.

Die rolstoel vriendelike stad George was trots daarop om weereens die gasheer te speel vir die wedren. 

Die wedren het 96 plaaslike deelnemers uit George getrek en 66 van nabygelee dorpe uit die Suid Kaap, die meeste in die pręt ren van 5km. Baie min vroulike deelnemers het vanjaar ingeskryf.  (for local media only)

‘Tenspyte van die vroëe probleme toe een van die ankerborge onttrek het, was vanjaar se wedren een van die beste ooit toe borgskappe en ander donasies van sover as Mauritius en Malta ingestroom het,’ sę wedren direkteur, Esther Watson. ‘Nie net is daar enorme voordele in padwedlope vir die deelnemers ten opsigte van ‘n gesonde leefstyl en verbeterde lewenskwaliteit nie, maar die wedloop het ook een van die mees belangrikste toeristeattraksies vir die streek geword met die groeiende belangstelling in internasionale sport kringe. 

Die OCC is die enigste internasionale rolstoel wedloop in Suid Afrika vir persone met gestremdhede en word deur die Offisiële sambreel liggaam “SA Sports Association for the Physically Disabled (SASAPD)” as sodanig erken. Dit is oop vir parapleë, kwadrupleë en persone met serebraal gestremdhede en bied pryse in vier kategorië naamlik ‘n 42.2km maraton, ‘n 21.1km half-maraton, ‘n 10km afstand en ‘n 5km pręt loop waar deelnemers bygestaan en gestoot word deur vriende, familie en vrywilligers aan.

Meer as 730 mense was vanjaar betrokke as organiseerders, vrywilligers, beamptes en stoel helpers.


Uitgereik vir die OCC deur Felicity Howden Public Relations

Umhlanga Rocks

 

Enquiries:

Esther Watson, direkteur van die OCC, tel: 082 421 9359

Felicity Howden, Felicity Howden PR, tel: (031) 561-7252, 082 465 1990
 
Next >
 

WEBSITE MAINTENANCE AND HOSTING SPONSORED BY CB ADS.NET